20201018 Die kerk wat dit waag | #FB35 | Jimmy Manders
Daar word gesê: Jy moet eers iets verloor, om regtig die waarde daarvan te besef. As daar een ding is, wat ons redelik as vanselfsprekend aanvaar het, dan was dit die feit dat die kerk elke liewe Sondag sal oop wees om ‘n erediens ter ere van die Here te vier. Nie in ons wildste drome het een van ons ooit gereken dat die kerk in ons moderne era sy deure sou toemaak vir amper 7 maande nie. Onverwags het ons oornag iets verloor wat vir ons amper onmoontlik was om te verloor – die hartklop van Witfontein – ons samekoms elke liewe Sondag. Toe ons dit verloor, het ons skielik dieper begin dink oor die waarde van ons kerk-wees.